The Foundations of Our Faith
Die Fondasies van Ons Geloof
The Scriptures
We believe the Holy Bible (66 books) is the inspired and trustworthy Word of God. It is God’s final authority for faith, belief, and daily living. Written under the inspiration of the Holy Spirit, the Bible reveals who God is and guides us into truth, wisdom, and a closer walk with Him.
(2 Timothy 3:16–17; 2 Peter 1:20–21)
One God – Three Persons (The Trinity)
We believe there is one true God who exists eternally as Father, Son, and Holy Spirit. Each Person is fully God, equal in power and glory, yet distinct in role. God is the Creator of all things, the One who sustains life, and the One who redeems us through Jesus Christ.
(John 1:1, 14; Hebrews 1:3; Acts 5:3–4)
Jesus Christ – Our Saviour and King
We believe Jesus Christ is the eternal Son of God and the promised Messiah. He was born of the virgin Mary, lived a sinless life, and revealed God’s Kingdom through His teaching, miracles, and compassion.
He was crucified for our sins, died, and was buried. On the third day He rose again bodily, conquering sin and death. He ascended into heaven and now reigns in glory, interceding for us as our High Priest and Advocate.
(1 Corinthians 15:3–4; Romans 8:34; Hebrews 4:14–16)
The Holy Spirit
We believe the Holy Spirit is fully God, living and active in the world today. He convicts hearts, draws people to Jesus, and empowers believers to live holy, fruitful lives.
He dwells in every believer, bringing transformation, spiritual gifts, and the character of Christ. We also believe in His ongoing work of guidance, comfort, and empowerment for service and witness.
(John 14:16–17; Acts 1:8; Galatians 5:22–23)
Salvation
We believe salvation is a gift of God’s grace, received through faith in Jesus Christ alone. It cannot be earned; it is received through repentance and belief in Jesus’ finished work on the cross.
Through salvation, we are made new, forgiven, justified before God, and adopted into His family. The believer is sealed by the Holy Spirit and called into a transformed life with Christ at the centre.
(Ephesians 2:8–9; Romans 10:9–10; 2 Corinthians 5:17)
Baptism
We believe baptism by full immersion is an outward declaration of inward faith. It symbolises identification with the death, burial, and resurrection of Jesus Christ.
While baptism does not save, it is a powerful step of obedience and discipleship for every believer who follows Jesus.
(Matthew 28:19; Romans 6:3–4)
Communion
We believe Communion (the Lord’s Supper) is a sacred practice given by Jesus. It is a time to remember His sacrifice, reflect on His love, and give thanks for His body broken and His blood shed for us.
It is shared among believers in reverence and unity, proclaiming Christ’s death until He returns.
(Luke 22:19–20; 1 Corinthians 11:23–26)
The Church
We believe the Church is the global body of all believers in Jesus Christ. It exists to worship God, grow in His Word, share the gospel, and serve others in love.
The local church is a community of believers committed to fellowship, discipleship, prayer, and the ordinances of baptism and communion. The Church is called to be light in the world and a reflection of Christ’s love.
(Acts 2:42–47; Ephesians 4:11–16)
The Return of Jesus Christ
We believe Jesus Christ will return physically and visibly to earth. He will judge the world in righteousness, restore all things, and establish His eternal Kingdom.
His return is our living hope, encouraging us to stay faithful, alert, and anchored in truth as we wait for His coming.
(Acts 1:11; 1 Thessalonians 4:16–17; Revelation 20:11–15)
Christian Living
We believe followers of Jesus are called to live lives shaped by love, holiness, and truth. Through the Holy Spirit, we are empowered to grow in faith, serve others, and live out the gospel in everyday life.
Christian living is a daily walk of worship, prayer, obedience, repentance, and love—loving God fully and loving others well. Our purpose is to reflect Christ and advance His Kingdom wherever we are.
(Romans 12:1–2; Matthew 22:37–40; Galatians 5:22–25)
Die Skrif
Ons glo dat die Heilige Bybel (66 boeke) die geïnspireerde en betroubare Woord van God is. Dit is God se finale gesag vir geloof, leer en die daaglikse lewe. Die Bybel is onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf en openbaar wie God is, terwyl dit ons lei in waarheid, wysheid en ‘n nader wandel met Hom.
(2 Timoteus 3:16–17; 2 Petrus 1:20–21)
Een God – Drie Persone (Die Drie-Eenheid)
Ons glo daar is een ware God wat van ewigheid af bestaan as Vader, Seun en Heilige Gees. Elke Persoon is volkome God, gelyk in mag en heerlikheid, maar onderskeibaar in rol. God is die Skepper van alle dinge, die Een wat die lewe onderhou en die Een wat ons deur Jesus Christus verlos.
(Johannes 1:1, 14; Hebreërs 1:3; Handelinge 5:3–4)
Jesus Christus – Ons Verlosser En Koning
Ons glo dat Jesus Christus die ewige Seun van God en die beloofde Messias is. Hy is uit die maagd Maria gebore, het ‘n sondelose lewe gelei en God se Koninkryk deur Sy lering, wonderwerke en deernis geopenbaar.
Hy is vir ons sondes gekruisig, het gesterf en is begrawe. Op die derde dag het Hy liggaamlik uit die dood opgestaan en sonde en die dood oorwin. Hy het opgevaar na die hemel en regeer nou in heerlikheid, waar Hy as ons Hoëpriester en Voorspraak vir ons intree.
(1 Korintiërs 15:3–4; Romeine 8:34; Hebreërs 4:14–16)
Die Heilige Gees
Ons glo dat die Heilige Gees volkome God is en vandag steeds lewend en aktief in die wêreld werk. Hy oortuig harte van sonde, trek mense na Jesus en bemagtig gelowiges om heilige en vrugbare lewens te lei.
Hy woon in elke gelowige en bring verandering, geestelike gawes en die karakter van Christus voort. Ons glo ook in Sy voortdurende werk van leiding, vertroosting en bemagtiging vir diens en getuienis.
(Johannes 14:16–17; Handelinge 1:8; Galasiërs 5:22–23)
Verlossing
Ons glo dat verlossing ‘n gawe van God se genade is, wat slegs deur geloof in Jesus Christus ontvang word. Dit kan nie verdien word nie, maar word ontvang deur bekering en geloof in Jesus se voltooide werk aan die kruis.
Deur verlossing word ons nuut gemaak, vergewe, voor God geregverdig en as kinders in Sy familie aangeneem. Die gelowige word deur die Heilige Gees verseël en geroep tot ‘n veranderde lewe waarin Christus sentraal staan.
(Efesiërs 2:8–9; Romeine 10:9–10; 2 Korintiërs 5:17)
Die Doop
Ons glo dat die doop deur volle onderdompeling ‘n uiterlike getuienis van innerlike geloof is. Dit simboliseer ons vereenselwiging met die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus.
Hoewel die doop nie red nie, is dit ‘n belangrike stap van gehoorsaamheid en dissipelskap vir elke gelowige wat Jesus volg.
(Matteus 28:19; Romeine 6:3–4)
Nagmaal
Ons glo dat die Nagmaal (‘n herdenking van die Here se maaltyd) ‘n heilige instelling is wat deur Jesus gegee is. Dit is ‘n tyd om Sy offer te onthou, oor Sy liefde na te dink en dankbaar te wees vir Sy liggaam wat gebreek en Sy bloed wat vir ons uitgestort is.
Gelowiges deel saam in eerbied en eenheid en verkondig Christus se dood totdat Hy weer kom.
(Lukas 22:19–20; 1 Korintiërs 11:23–26)
Die Kerk
Ons glo dat die Kerk die wêreldwye liggaam van alle gelowiges in Jesus Christus is. Die Kerk bestaan om God te aanbid, in Sy Woord te groei, die evangelie te verkondig en ander in liefde te dien.
Die plaaslike gemeente is ‘n gemeenskap van gelowiges wat hulle toewy aan gemeenskap, dissipelskap, gebed en die instellings van die doop en die Nagmaal. Die Kerk is geroep om ‘n lig in die wêreld te wees en ‘n weerspieëling van Christus se liefde.
(Handelinge 2:42–47; Efesiërs 4:11–16)
Die Wederkoms Van Jesus Christus
Ons glo dat Jesus Christus liggaamlik en sigbaar na die aarde sal terugkeer. Hy sal die wêreld in geregtigheid oordeel, alles herstel en Sy ewige Koninkryk vestig.
Sy wederkoms is ons lewende hoop en spoor ons aan om getrou, waaksaam en gegrond in die waarheid te bly terwyl ons op Sy koms wag.
(Handelinge 1:11; 1 Tessalonisense 4:16–17; Openbaring 20:11–15)
Die Christelike Lewe
Ons glo dat volgelinge van Jesus geroep is om lewens te leef wat gekenmerk word deur liefde, heiligheid en waarheid. Deur die Heilige Gees word ons bemagtig om in geloof te groei, ander te dien en die evangelie in die alledaagse lewe uit te leef.
Die Christelike lewe is ‘n daaglikse wandel van aanbidding, gebed, gehoorsaamheid, bekering en liefde — om God met ons hele hart lief te hê en ons naaste met opregte liefde te dien. Ons doel is om Christus te weerspieël en Sy Koninkryk uit te brei waar ons ook al is.
(Romeine 12:1–2; Matteus 22:37–40; Galasiërs 5:22–25)
